Pages Navigation Menu

Testimonials

Die kinders het regtig Saterdag baie geniet, hoop julle reel gou weer so iets by die action krieket.

-2013/03

Thank you for a great day, not only did the kids enjoy themselves, but so did the parents. I would suggest going forward more such events should be arranged and if you need assistance from the parents you shouldn’t hesitate to ask.

2013/05

Dankie eerstens vir die heerlike Krieketdag! Ons en Daniël het dit verskriklik geniet!!

-2013/05

Dankie. My seun geniet regtig baie die krieket hoor. Ek sukkel soms om sy belangstelling in iets vir lank te hou maar die krieket geniet hy baie.

-2013/08

Dis vanoggend met GROOT dankbaarheid dat ek weer wil dankie se dat julle ons toegelaat het om vir Henco vir die laaste 2 kwartale by Cricky te hou, toe my man retrench was in Julie. Hy het gelukkig op 1 November weer begin werk. Ek wens vir julle BAIE voorspoed en seeninge toe vir die nuwe jaar, glo my: God sal julle SEEN vir die wyse wat julle ons tegemoed gekom het deur n moeilike paar maande.

-2013/11

Ek wil net baie dankie sê vir die heerlike dag Saterdag.   Sal jy asseblief my boodskap oordra aan die afrigters/eienaar(s) – ek ken hulle ongelukkig glad nie. My seuntjie, het dit SO geniet! Hy wou NOG ‘n wedstryd speel, reg nadat dit klaar was! Ons waardeer julle moeite met die kinders regtig baie.

2014/02

Graag wil ek net dankie se vir Cricky Cricket. Jul het my dogtertjie baie genot verskaf en verseker goeie vaardighede geleer hierdie jaar! Dankie oom Etienne dat jy my so mooi geleer het by EKA!!Geseende Kersfees en voorspoedige nuwe jaar vir die Cricky Cricket span!

-2014/03

Wil net gou laat weet dat ek vandag vir die eerste keer bietjie tyd gehad het om te kyk hoe my seun krieket oefen. Die coach is amazing met die kinders en leer hulle regtig baie. Dis finominaal om te sien hoe ‘n jong man so mooi met ons kleintjies werk wat liefde vir die sport, vaardigheid en dissipline aan betref. Hy is regtig ‘n aanwins tot julle span.

-2014/05